
Clubview Tennisklub, oftewel CTC, is geleë in die hartjie van Clubview, Centurion. Alhoewel dit in ‘n stil woongebied geleë is, omring deur parke, is dit gerieflik naby aan die N1 hoofweg en Ou Johannesburg Pad.
CTC bied Tennis vir Almal. Of jy oud of jonk is, sosiale of kompeterende tennis speel, daar is ‘n plek vir jou by CTC. CTC bied professionele tennisafrigting vir diegene wat hulle tennis wil verbeter asook vir meer kompeterende spelers.
By CTC kan jy op ‘n Saterdagmiddag kom ontspan saam met vriende op die tennisbaan, of jou staal kom wys in ‘n meer kompeterende atmosfeer. Familie is ook ‘n belangrike deel van CTC. Om almal welkom te laat voel is daar ‘n sandput en groot grasperk wat die kleingoed besig kan hou terwyl hulle ouers ontspan op die tennisbaan.