info@clubviewtennis.co.za
Webwerf deur SuproNet

Afrigting

Afrigting

JL’s Tennis Academy & CTC

CTC het ‘n vennotskap aangegaan met die welbekende JL’s tennis Academy om die gehalte van afrigting en die programme by CTC verder te verbeter.

Die gesamentlike visies van “Tennis vir Almal” en “Droom, Glo en Presteer” pas in by CTC se strewe om programme aan te bied vir alle vlakke van vermoeë (van beginner tot hoë-prestasie). Sodoende bied CTC aan JL’s ‘n basis om hulle groeiende akademie in die Centuriongebied uit te brei.

CTC en JL’s sal verskeie afrigtings- en lidmaatskappakkette oorweeg om aan lede aan te bied. Hierdie pakkette sal die voordele van gesametlike lidmaatskap van CTC, toegang tot wêreldklasafrigting, professionele klubbestuur en skeppende idees aan lede bied.

Meer inligting oor afrigting by CTC kan verkry word deur Auret Jansen te kontak (afrigting@clubviewtennis.co.za).