info@clubviewtennis.co.za
Webwerf deur SuproNet

Kompetisies

Kompetisies

Klubkompetisies / Kampioenskappe

Daar is drie verskillende kampioenskappe wat by CTC plaasvind gedurende die jaar. Hierdeur word gepoog om aan alle lede ‘n kans te bied om deel te neem. Daar word ook verseker dat die kampioenskappe nie met die GNTA ligaseisoen bots nie.

Juniorkampioenskap

Die Juniorkampioenskap word gereël vir die eerste naweek na die September skoolvakansie en word ook oor ‘n periode van 3 of 4 Saterdae gespeel, afhangend van die aantal inskrywings.

Alle Juniorlede en Juniorligalede mag inskryf vir die Juniorkampioenskap. Die afdelings waarvoor hulle kan inskryf is:

  • Enkels (Seuns en dogters))
  • Dubbels (Seuns en dogters)
  • As die afrigters dit nodig vind, kan hulle ‘n Green Dot geleentheid skep
  • Plaatkompetisies vir spelers wat in die eerste rondte van die Kampioenskap uitgeskakel word

Kampioenskapreëls en -regulasies is in die CTC Beleidsdokument vervat.


CTC BeleidCTC Beleid

Seniorkampioenskap

Die Seniorkampioenskap vind plaas in Oktober vir alle Voldaglede wat 50+ jaar oud is. Om te kwalifiseer moet ‘n lid 50+ wees, of in die jaar van die kampioenskap 50 word.

Die Seniorkampioenskap word oor ‘n periode van 3 of 4 Saterdae gespeel, afhangend van die aantal inskrywings.

Die afdelings waarvoor hulle kan inskryf is:

  • Enkels (Mans en Vroue)
  • Dubbels (Mans en Vroue)
  • Gemengde Dubbles
  • Plaatkompetisies vir spelers wat in die eerste rondte van die Kampioenskap uitgeskakel word

Kampioenskapreëls en -regulasies is in die CTC Beleidsdokument vervat.


CTC BeleidCTC Beleid

CTC Kampioenskaptrekkings en -uitslae

CTC maak gebruik van die Sport HQ toernooibestuurstelsel, wat ook deur TSA gebruik word.
Alle trekkings en inligting rakende die verskeie Kampioenskappe kan op die CTC Sporty HQ webwerf gekry word.


CTC RanglereCTC Ranglere (Binnekort Beskikbaar)


TrekkingsTrekkings (Binnekort Beskikbaar)


WedstrydbepalingsWedstrydbepalings (Binnekort Beskikbaar)


UitslaeUitslae (Binnekort Beskikbaar)

Ligakampioenskap

CTC neem deel aan tweeliga seisoene wat deur die Noord-Gauteng Tennisvereniging (GNTA) georganiseer word.

Gemengde Dubbelsliga (Mei - Jun)

Gemengde ligaspanne bestaan uit 4 mans en 4 vroue. Daar is dus 4 dubbelspare wat elk 2 wedstryde speel.

Gemengde liga word op ‘n Tuis/Weg basis gespeel, wat beteken dat spanne klubs in die wyer GNTA area besoek.

Klubs word deur die GNTA in ligakategorieë opgedeel gebaseer op vorige jare se uitslae. Die klub bepaal die hoeveelheid spanne wat ingeskryf kan word op grond van belangstelling en beskikbaarheid van lede.

Die liga word oor 5 agtereenvolgende naweke gespeel. As daar ‘n langnaweek is, sal die liga net aanskuif.


WedstrydbepalingsWedstrydbepalings


ReëlingsReëlings


LigareëlsLigareëls

Mans Sondagliga (Mei - Jun)

Mans Sondagliga vind plaas op Sondagoggende vanaf 8:00 tot vroegmiddag, afhangend van die tuisklub en die beskikbaarheid van bane.

Sondagligaspanne bestaan uit 6 spelers. Twee spelers speel enkels en een dubbelswedstryd. Die ander 4 spelers vorm twee dubbelspare en speel elk twee dubbelswedstryde.

Die mansliga word op ‘n Tuis/Weg basis gespeel, wat beteken dat spanne klubs in die wyer GNTA area besoek.

Klubs word deur die GNTA in ligakategorieë opgedeel gebaseer op vorige jare se uitslae. Die klub bepaal die hoeveelheid spanne wat ingeskryf kan word op grond van belangstelling en beskikbaarheid van lede.

Die liga word oor 5 agtereenvolgende naweke gespeel. As daar ‘n langnaweek is, sal die liga net aanskuif.

CTC het besluit om nie ‘n span vir 2017 in te skryf nie weens beskikbaarheid van spelers.


WedstrydbepalingsWedstrydbepalings

Mans- en Damesliga (Aug - Sept)

Mans- en Damesliga vind plaas op Saterdagmiddae. Spel begin om 12:30 en, afhangend van die tuisklub en beskikbaarheid van bane, kan die hele middag duur.

Hierdie ligas se spanne bestaan uit 6 spelers. Twee spelers speel enkels en een dubbelswedstryd. Die ander 4 spelers vorm twee dubbelspare en speel elk twee dubbelswedstryde.

Gemengde liga word op ‘n Tuis/Weg basis gespeel, wat beteken dat spanne klubs in die wyer GNTA area besoek.

Klubs word deur die GNTA in ligakategorieë opgedeel gebaseer op vorige jare se uitslae. Die klub bepaal die hoeveelheid spanne wat ingeskryf kan word op grond van belangstelling en beskikbaarheid van lede.

Die liga word oor 5 agtereenvolgende naweke gespeel. As daar ‘n langnaweek is, sal die liga net aanskuif.


WedstydbepalingsWedstydbepalings


UitslaeUitslae

Ligaspanne en Weeklikse Reëlings

Sien asseblief die Mans- en Damesligaspanne vir Saterdag 3 September 2016 hieronder. Soos altyd, voorspoed aan die onderskeie spanne en geniet die tennis. Let asseblief daarop dat twe spanne tuis speel en baan 5 sal beskikbaar wees vir sosiale tennis.

Spanne wat tuis speel moet asseblief onthou om ‘n bord eetgoed te bring en aan te meld teen 12:10. Spanne wat weg speel moet asseblief reisreëlings nagaan met julle onderskei kapteine.

Mansliga

1ste Span (Weg teen Rietondale by Univ Pta Bane 7 & 8)

  • Erick De Jager (C)
  • Iain Smith
  • JT Prinsloo
  • Chris Scheppel
  • Einar Theron
  • Johan de Klerk

2de Span (Tuis teen Waverley)

  • Johan Dippenaar (C)
  • Johan Naude
  • Jonathan White
  • Joash Naicker
  • Anton Heydenrych
  • Ewerhard Brits

Damesliga

1ste Span (Tuis teen Zambezi)

  • Danika Malan
  • Leza Dreyer
  • Amore Castelyn
  • Helga Brits (C)
  • Heleen vd Walt
  • Heidi Botha/Annelien de Jager

2de Span

Het ‘n loslootjie, maar dames, kom geniet sosiale spel!

Pretdae

CTC hou jaarliks die volgende pretdae: CTC 24-Uur, Wimbledondag en ‘n paar ander sosiale geleenthede.

CTC 24-Uur

Die CTC 24 Uur is ‘n opwindende geleentheid met 24 uur van pret en plesier. Spelers speel deur die nag tennis om te sien hoeveel spelle in 24 uur gespeel kan word. Spelers van alle ouderdomme en vermoë is welkom. Bring vriende saam en kom deel in die pret. Al wat tel is uithouvermoë, stamina en veg teen die slaap…

Wimbledondag

Die CTC Wimbledondag vind tradisioneel plaas op dieselfde Saterdag as die Eindstryd vir Vroue (Enkels). Aarbeie en room word bedien, asook smaaklike sop en brood. Dit is ‘n pretdag vir alle lede met spesiale pryse en gelukkige trekkings. Spel begin om 11:00 en duur die hele middag.

Sosiale Geleenthede

CTC poog jaarliks om nog twee pretdae te organiseer. Dit word natuurlik deur die jaarprogram bepaal en vorm gereeld deel van die AGM of die Klubkampioenskap prysuitdeling.

Hou die jaarprogram dop vir datums en inligting.